Excerpt for Seer by Hansie Joubert, available in its entirety at Smashwords


SEER



Hansie Joubert








Uitgegee deur: Penjam Uitgewers

P.O. Box 19291

80 Courtenay Place

Te Aro, 6011

WELLINGTON

New Zealand

penjamboeke@gmail.com



ISBN: 978-0-473-19045-3



Kopiereg (2010) / Copyright (2010)

Hansie Joubert & Penjam Uitgewers


Versprei in samewerking met Smashwords


Smashwords Edition

Licence Notes

This ebook is licensed for your personal enjoyment only. This ebook may not be re-sold or given away to other people. If you would like to share tis ebook with another person, please purchase an additional copy for each recipient. If you are reading this ebook and did not purchase it, or it was not purchased for your use only, then please return to Smashwords.com and purchase your own copy. Thank you for respecting the work of the author.


Hierdie boek is onderworpe aan kopiereg en alle regte word voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer, in enige inligtingstelsel bewaar, of versend word in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies, meganies, klankopnames, of andersins, sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer of die outeur nie. Resensente mag gedeeltes aanhaal vir die uitsluitlike doel vir ‘n regverdige resensie.


~~~~~~~~~


  • Gevoelens vasgevat in realiteit ………”


  • Emosionele kragtoer van iemand wat emosies verstaan vanuit selfervaring en –erkenning.”


  • Vanaf die eerste gedig ‘n emosionele vloed van hartseer en genade in die wete van ‘n toekoms om na uit te sien.”


  • Net die wete dat dit ook goed is om te treur maak die lees van hierdie bundel my lewe werd…….”


  • Elkeen ervaar emosies op sy eie manier en dit word uitstekend geillustreer in die gulle spel van woorde en kleur.”


  • Uiteindelik verstaan ek ook………”








Ander publikasies deur




EREDIENS

Digbundel vir kerkgangers


My Mense en Hul Dinge


Anderkant Gatkantland



INHOUD

seer

herfs in die boland

glasie wyn

begrafnis in die kaap

oorlewing


die seer van ’n kind

mamma se begrafnis

kindersmart

na die begrafnis

onbewuste gemis

leerskool

leermoment

stiefpa

marmerblad

begraafplaas

hopelose hoop

onerkende seer

pa se seun

die nuus

tuiskoms

vertwyfeling

tee na die begrafnis

wanbegrip

graf

wrede werklikhied

hengelaarskind


andersoortige seer

breinbloeding

intensiewe sorgeenheid

afskeidsboodskap

die afskeid

miskraam

kinderloosheid

vrees

lessenaar doodskis

terug na naar


dood

eienskap van dood

doodsfunksie

die nuwe mens

sterwensmoment

nuwe woning


hedendaagse seer

kindervrees

bangwees

rooikappie


agterna

later

onthou


troos

troos




SEER



herfs in die boland


die wingerd het sy oes gelewer
die wynvate is gevul
daarom
staan die uitgeputte wingerd
leeg
bruin in herfskleed


herfskleed met skakering
van groen
geel
bruin
teken van komende dood
in afwagting
op die nuwe seisoen


maar ek sien die toekoms
nie die hede
die waarheid
die wete is te sterk
want
herfs is doodseisoen


verstrengel tussen kleurespel
van die najaar
die wete
weersiens
is daar tog
maar nou in
die oomblik van rou
die oomblik van seer
seevier die seer
die seer
die hartseer seer



glasie wyn


vreugdelose ete

vreugdelose glasie wyn


my seer seer hart

maak sluk moeilik

gedagtes dwaal

na een wat makeer


sonder haar

is wyn vreugdeloos

vreugdelose glasie seer

vreugdelose wyn


eendag sal ons weer

feesvier

nie met ’n glasie wyn

maar

met jubelende sang


maar nou

vir die huidige

is my hele bestaan

’n vreugdelose ete

’n vreugdelose glasie wyn



begrafnis in die kaap


ou begraafplaas

waardige

ou boom

met knoetsige stam

naas nuwe graf


graf vir my boeta


windstil lê die kaap

wolkloos troon die berg

oor my seer

my hartseer


langs die graf vir my boeta


stilte onder die ou boom

windstil stilte

kaapse stilte

doodse stilte


langs die graf vir my boeta


afskeid onder die ou boom

rustige ou boom

seerste stilte

afskeid stilte


langs die graf vir my boeta



oorlewing


hoe sterf ’n ma

en laat haar seuntjie

van agt

hoe leef ’n kind

sonder sy ma

as hy maar agt jaar oud is


hy het oorleef

gegroei

grootgeword


mooi seun

vriendelike seun

op die mooi pad


want

sy ma het voor sy weg is

vir hom gebid

hom geleer van die lewe

hoe om die lewe

so te lewe

dat hy

en die lewe

in harmonie kan leef


dit is waarom hy oorleef het

en

kan leef



DIE SEER VAN ‘n KIND



mamma se begrafnis


mamma is in daardie kas


waarom huil almal so

almal

rondom grondhoop

en gat



Purchase this book or download sample versions for your ebook reader.
(Pages 1-10 show above.)